

NICO SE CALAMARI PAELLA MET APPELKOOSKONFYT EN SAFFRAAN
500 g calamari ringe
500 g graatlose vis
½ sak bevrore broccoli en blomkool
5 stokke gekerfde seldery
1 koppie sheba
2 teelepel gekapte knoffel
‘n knippie saffraan
125 ml fyn appelkooskonfyt
2 teelepels kerrie
1 teelepel paprika
½ teelepel komyn
3 teelepels sout
1 teelepel swart peper
1 blokkie hoender- of visekstrak
1 houertjie jogurt
Meng alles saam en kook stadig in een koppie water vir 10 min. (Dis gaar sodra die vis of bromkool sag is.) Verdik sousie met meel indien nodig.
Resep geplaas deur Nico Conradie
Foto: Nico Conradie






