

HANNELEE SE SJOKOLADE KOEK
2 koppies koekmeel
2 koppies suiker
1 koppie melk
2 eiers
½ koppie olie
1 koppie sterk koffie lou warem
1 ½ teelepel bakpoeier
2 teelepels koeksoda
Knypie sout
¾ koppie kakao
1 teelepel vanilla geursel
Verhit oond by 180°C.
Sif al die droë bestanddele saam. Maak holte in middel, gooi eiers, melk en olie in. Meng goed. Voeg koffie bietjie bietjie by en klits goed deur. Skep in panne en bak vir 35 tot 40 min. Versier soos jy verkies.
Foto en resep geplaas deur Hannelee Nortje






