


ELSIE SE KOEKSISTERS
Koeksisters gebak. (12 doz)
Stroop:
20 koppies suiker (4 kg)
5 ml kremetart
2 ml kaneel
10 koppies water
Kook stadig tot kookpunt, kook dan vir 5 min. Die stroop moet oor nag in vrieskas wees en moet koud gehou word terwyl bak.
12 koppies koekmeel (2.5kg)
9 teelepels bakpoeier
2 teelepels sout
2 eiers
700 ml water
250 g botter
Sif droë bestanddele saam. Klits eiers in water. Vryf botter met fingers in meel mengsel in. Giet dan die water in holte en meng tot glad. Laat deeg rus vir 1 uur. Rol uit en bak.
As jy verpak MOET NIE TOE MAAK NIE.
Nota: Om te draai – sny ‘n 10 cm strook vou in die helfte, dan soos jy vleg, skuif jy ander punt net onder deur.
Foto en resep geplaas deur Elsie Lues
2de foto: Adelia Swartz







Adelia Swartz
Rina Kleinhans dit was Elsie se koeksisters. Baie dankie Elsie. Dit was baie leker