

ANGELA SE GEMENGDE SEEKOS GEREG
1 pak van elk (ongeveer 100g elk)
calamari steaks
krap gegeurde stokkies
halfskulp mossels
Plaas bietjie botter,vars knoffel en vis speserye in ‘n pan
Sny kalamari steaks in Klein blokkies en braai vinnig in die botter. Sny dan die krapstokkies ook by en pak die halfskulp mossels bo-op.
Gooi ‘n halwe koppie witwyn in en sit deksel op totdat die sousie kook. Ek krummel ‘n lekker Groot stuk pepperfeta en gerasperde Gouda ook in. Maak die wynsousie bietjie romeriger en dikker.
Ek sit dit saam met vars slaaiblare en vars selderyblaartjies voor. Broodtjie gedoop in die sousie is hemels!!
Resep geplaas deur Angela Verreynne
Foto: Angela Verreynne






