

VLEISBROOD ALA RONEL STYL
(MEAT LOAF)
500 g maalvleis
1 middelslag ui fyn gekap
1 knoffelhuisie fyn gekap
1 1/2 koppie kaas gerasper.
1 eier
Ek het van gister se spaghetti oor gehad wat murg pampoentjie en kool en varkworsie ingehad het by gevoeg. Met genoeg kruie en sout en peper. (Jy gooi maar by waarvan jy hou. )
Alles goed gemeng en in n broodpannetjie geskep en vir +- 2 ure gebak het in oond van 160 grade.
Het sampioen roomsous bo oor geskep.
Resep geplaas deur Ronel Muller Thoma
Foto: Ronel Muller Thoma






