

ALTA SE KAIING BROOD
6 koppies koekmeel hoogvol
1 ½ teelepel sout
2 koppies kaaings
Golf balletjie grote suurdeeg (ek koop my suurdeeg by ketting winkel per gram)
+-5 koppies sterk lou water
Knie deeg goed laat rys; knie af en laat weer rys.
Maak 2 groot brode of 2 medium en 1 klein broodtjie en sit in gesmeerde panne.
Laat weer goed uit rys tot panne vol is.
Bak by 180ºC vir ‘n uur.
FOTO EN RESEP: Alta Gunter Van Dyk






