

ELNA SE 5 LAGIE SLAAI
1. ½ Slaai gewas en in stukke gebreek
250 g wortels stokkies in stukkies gekap
2 koppies gevriesde ertjies
2 koppies gevriesde mielies
4 hard gekookte, fyn gerasperde eiers
½ koppie gerasperde cheddar kaas
½ koppie fyn gekapte fetakaas
Meng die volgende bestandele saam:
1 koppie mayonnaise
15 ml peppadews na smaak
½ koppie suurroom
2 teelepels Franse mosterd
2 teelepels suurlemoensap
4 klein uie of 10 spring onions in ringe gesny
Rangskik in lae vanaf 1 tot 5 bedek met plastiek.
Laat minstens 12 uur in yskas voor nodig. Net voor opdien
Rangskik gesnyde tamaties, gesnipperde gebraaide spek en olywe bo-op.
FOTO EN RESEP AANPASSING: Elna Erasmus






