

ADAM SE GEROOSTERDE HOENDERRUGGIES IN KERRIESOUS
6 hoenderruggies
1 groot ui
3 knoffeltoontjies in skyfies gesny
sap van een suurlemoen
50 g tamatiepasta
3 eetlepels maple gegeurde stroop (of heuning)
½ koppie water
2 teelepels medium sterkte Kerrie (of na smaak)
1 teelepel gedroogde tiemie
sout na smaak
Sny die ui in die lengte in dikkerige skywe (of in ringe) en braai in ‘n bietjie olie tot dit begin karameliseer, met ‘n knippie sout daarby. Verwyder van die kastrol en braai die hoenderruggies tot goudbruin in dieselfde pot. Indien nodig voeg nog ‘n klein bietjie olie by. Meng die tamatiepaste, suurlemoensap, stroop, water. kerrie en tiemie en voeg dit by die hoender. Laat prut vir 10 minute en draai die hoender gereeld om. Geur met sout na smaak. Indien die sous te dik raak, voeg nog bietjie water by.
Plaas die hoender oor in ‘n oondbak met die velkante bo en giet die sous daaroor. Strooi die uie en knoffel bo-oor en bak in ‘n warm oond (ongeveer 200ºC) tot die hoender mooi verbruin het. Ongeveer 20 minute. Indien nodig kan nog ‘n klein bietjie water bygevoeg word indien jy dit bedien met iets wat ‘n sous nodig het.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete







Geskuif