TRIX SE SUURLEMOEN SOUSPOEDING
Jy kan my man in ‘n wip vang met poeding, my vriendin het hierdie resep op Facebook gesit en ek het dit al 2 x gemaak (met gewone suiker, bruismeel omdat my koekmeel op was en bakkie margarien omdat my bak-margarien op was, dit kan NET nie flop nie đ) lekker met dun, soet vla.
70 g botter
180 ml strooisuiker
sap en skil van 2 suurlemoene
3 ekstra-groot eiers, geskei
60 ml koekmeel * Â sien nota
180 ml melk
Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n oondbak van 25 cm x 15 cm goed met botter.
Room die botter en suiker saam tot lig en donsig.
Voeg die suurlemoenskil en eiergele by en klits tot gemeng.
Voeg die meel, melk en suurlemoensap by en klits goed tot ‘n dun, gladde beslag vorm.
Klits die eierwitte in ‘n aparte bak tot stywe punte vorm en vou by die suurlemoen mengsel in.
Giet in die voorbereide oondbak. Plaas die bak met die beslag in ‘n groter oondbak en vul die groter bak met kookwater tot halfpad teen die kleiner bak op.
Bak vir 1 uur tot ferm.
Nota: Â die resep sĂȘ geen koeksoda of geen bakpoeier, maar ek het dit nou al 2 x met bruismeel gemaak, nog nie met gewone koekmeel! Ek hou net bruismeel aan in my huis (ek is noe groot op bakkery nie) en dit het altwee kere baie lekker uitgekom.
Resep geplaas deur Ida de Beer
Foto: Ida de Beer