


TRIX SE SUURLEMOEN SOUSPOEDING
Foto: Rina Kleinhans
2de foto: Ida deBeer
Jy kan my man in ‘n wip vang met poeding, my vriendin het hierdie resep op Facebook gesit en ek het dit al 2 x gemaak (met gewone suiker, bruismeel omdat my koekmeel op was en bakkie margarien omdat my bak-margarien op was, dit kan NET nie flop nie 😂) lekker met dun, soet vla.
(Halwe resep in hakkies – gebruik ‘n 18 cm pannetjie anders is by baie dun meer heerlik))
90 ml sagte botter of bak margarien (45 ml)
320 ml strooisuiker (160 ml)
4 eiers, geskei (2 eiers)
500 ml melk (250 ml)
125 ml koekmeel (62.5 ml)
125 ml vars suurlemoen sap (62.5 ml)
10 ml suurlemoen skil (1 teelepel maar ek het twee gebruik)
Opsioneel: ½ teelepel bakpoeier (¼ teelepel)
Voorverhit oond op 180°C.
Room strooisuiker en botter tot lig en donsig.
Voeg eiergele en suurlemoen skil by en meng goed.
Sif koekmeel in en meng goed.
Roer melk en suurlemoen sap by (dit mag miskien skif maar moenie worry nie) en meng goed.
Klop eierwitte styf en VOU in by beslag, skep in gesmeerde oonbak en bak vir 45 tot 50 min tot goudbruin en gestol.
Die poeding vorm sy eie sousie onder, maar dit is nie baie nie.
Nota: Rina Kleinhans
Ek het bogenoemde resep getoets en net die helfte van die bestanddele gebruik en ‘n ¼ teelepel bakpoeier ingesit en hy het perfek gebak. So effens bo gebars maar ek dink dit is die bakpoeier, so ek glo mens kan dit uitlaat. ONTHOU mens VOU die styfgeklitste eierwite in met ‘n metaal lepel net tot ingemeng, nie te veel nie want dit is wat die laag bo-op die sousie maak.






