

SPINASIE IDEES
Dien Von Czapiewski DeWaal
Ek neem my spinasie, een bossie en so vier vyf wortels geskil en in wiele gesny. Kook tot sag mash dit dan grof. Neem so twee eetlepels meel of biedie meer en maak n dik wit sous. Geur met aromat. Ek maak sommer die wit sous in die pot met die spinasie gooi n groot klont botter by en eet baie lekker. My witsous maak ek met volroom melk.
Barbara Brink
Blansjeer spinasie. Braai sampioene. Braai ‘n groot gekapte ui. Pak in lae in oondbak, spinasie onder, dan sampioene dan uie. Krummel ‘danish feta’ bo-oor, en bak vir so 20min by 200C. Bedien met balsamiese reduksie.
Amarisca Oğuz
Maak lekker turkse börek 😊 Fillo deeg in lae gepak met baie feta, Spinasie en spesifiek spark se Double greek yoghurt tussen in en bak tot goud bruin!
Ria Peters
Braai tamatie, uie, knoffel en chilli na smaak in olie en sout en peper en kerriepoeier. wanneer uie amper sag is gooi gesnippperde spinasie by en braai tot gaar. Kook intussen 2 of 3 aartappels in blokkies gesny sommer in mikro tot al dente en braai dan laaste saam spinasie tot kerrie en als mooi deurgebraai is. Heerlik en kan sterker gemaak word of jy kan minder chille insit. Daar kan sommer bietjie sampioene ook saam met die uie gebraai word en robot peppers.
Thoniel Van Der Walt
Braai uie in pot. Gooi spinasie by. Kook in water tot dit sag is en dreineer. Maak ‘n lekker witpeper room wit sous. Gooi in spinasie en meng mooi. Feta bo-oor gestrooi.
Elizabeth Van Der Westhuizen Ek kook eers aartappels met uie tot amper gaar.Voeg spinadie by en kook vinnig tot gaar.Moenie te lank kook.Maak effe fyner.Klits paar eiers en gerasperde kaas by as afgekoel.Bietjie room as jy het maak dit net in n ander klas.Bak in oond tot mooi bruin bo-op. Soms maak ek sommer vinnige smeerkorsie of maaskaaskors vir spesialer geleenthede. Selfs in muffinpan lyk dit oulik en spesiaal.
Yolinda Cloete
Ek braai uie en sampioene tot amper gaar.gooi dir spinasie by en kook tot sag,dreineer mooi. Dan gooi ek room in en bietjie sampioenroomsop en laat prut vir so 5 minute
Rita Killian
Ek het spek gebraai met uie en knoffel en tamatie spinasie gaargemaak en saamgeroer met suurroom mense daar het niks oorgebly
Rulandi De Waal
Voeg gemashde blomkool by vir ‘n gesonde “roomspinasie” opsie. Verdik met uiesop en melk soos hierbo indien nodig.
Nadia Joszkowski
Braai uie, spek en mushrooms gooi spinasie en feta kaas by en laat net verlep skep in oondvaste bak kilts n eier en melk by mekaar gooi oor spinasie en bietjie cheddar kaas bo oor bak in oond tot die gaar is vrek lekker geniet onthou die speserye n.a. smaak en pas hoeveel hede aan waar nodig
Martha Cook
Black Max: Braai groot swart sampioene (heel) in botter saam met uie. plaas in n vuur vaste bak kook spinasie sout en peper na smaak. neem bakkie room en meng 2tl maizena saam room en meng in spinasie laat deur prut tot dikkerig. skep spinasie bo op die sampioene en rasper mozarella gemeng met cheddar kaas bo op en bak in oond tot kaas gesmelt is
Adele Esterhuizen
Ek kook gewoonlik spinasie, met fyn gekapte uie, tamatie, en aartapels en sodra dit reg is, maak ek seker al die water is uit, geur met bietjie sout en peper en gooi dan bietjie mayonnaise in, en sit dan terug op die plaatmeng goed, en jy kan self klein bietjie kaas in gooi. dis baie baie lekker






