


GIDEON SE MAALVLEIS BROODROLLETJIES
Kyk nou net wat het ek vanaand aangevang, ‘n maalvleis rolbrood!
Gebruik die maalvleis mengsel van jou keuse, ek het my tuisgemaakte lams maalvleis gebruik met ‘n bietjie Worcestersous en ‘n knerts sojasous, ‘n teelepel knoffelvlokkies, twee klein rooirissies fyn gekerf, ‘n halwe teelepel mixed herbs, ‘n halwe fyn gekerfde ui en sout en swartpeper na smaak. Meng alles saam.
Rol ‘n sny brood met ‘n roller uit so dun as wat jy kan, plaas ‘n bietjie rou maalvleis bo-op die sny uitgerolde brood en smeer dit plat oor die brood.
Rol dan die brood in klein moontlik rolletjie op en smeer buite om met olyfolie.
Braai op die kole stadig tot die brood goudbruin is en die maalvleis gaar.
Dit was heerlik!
Resep : Gideon Louw
Foto : Gideon louw






