

ARGENTYNSE PANNEKOEKE
Resep geplaas deur Wayne Dugmore
Foto: Wayne Dugmore
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies melk
3 eiers
2 koppies koekmeel
½ koppie strooisuiker
2 teelepels fyn kaneel
15 ml vanilla
knippie sout
1 groot bottel nutella smeer
1 blik karamel kondensmelk
100 ml melk
olie vir bak
Meng die melk, eiers, meel, strooisuiker, sout en kaneel saam. Laat staan vir ‘n uur. Roer die vanilla by en meng goed.
Terwyl die deeg staan, smelt solank die karamel kondesmelk en die melk in ‘n klein pot oor ‘n lae hitte. Klop met ‘n draadmenger tot gesmelt en glad.
Maak ‘n kleefwerende pan warm. Gebruik kombuis papier om ‘n dun lagie olie te smeer. Giet ‘n lepel deeg in die pan en versprei. Bak tot lig bruin aan albei kante. Smeer die pan met olie na elke pannekoek.
Smeer gesmelte nutella oor die pannekoek. Vou 2 buitekante tot in die middel en rol op soos ‘n sigaar. Skep die sous oor.






