SAMPIOEN EN BOTTER AARTAPPELS
Neem 6 medium grote aartappels en sny in skywe (moet nie heeltemal deur sny nie, sien fotos). Plaas dan aartappels in n pan wat vooraf met “spray and cook gespyt” is. Smelt 250 ml botter en voeg dan die pakkie sampioen sop by en roer goed (ek meng so halwe teelepel knoffel by want ons gesin geniet ons knoffel). Gooi die sampioen mengsel oor die aartappels wat in die pan is. Bedek pan dan met Foelie en plaas in oond. Ek sal skat mens moet dit vir so uur teen 200° in sit dit hang maar af van die grote van jou aartappels (voel maar net en plaas terug in oond as dit nog nie gaar is nie). Die sampioen sop mengsel maak n sousie aan die onderkant van die pan skep dit oor die aartappels.
(Ek weet nie waar die resep vandaan kom nie, my ma het hom by een van haar vriendinne jare terug gekry en ons het hom maar aangepas oor die jare soos bo.)
Geplaas deur Bianca Bachfischer
Foto: Bianca Bachfischer