

JOHAN SE BOS POEDING
Klapper beskuitjies gekrummmel en met botter gemeng vir kors
Druk vas in bak as kors
Meng die volgende:
1 pakkie lemoen jellie
1 blikkie kondensmelk
5 granadillas pulp (het hom ook al gemaak met blikkie perskes of pere)
Jellie aangemaak met 1 blikkie warm water vir oplos.
Kondensmelk aangemaak met een blikkie koue water.
(200 ml gebruik altyd blikkie, vat nie maatbeker saam kamp toe nie.)
Voeg granadilla by.
Alles gemeng en gooi oor kors sit in yskas om te stol.
Resep en Foto Johan Westenberg






