


RONELL SE BOBOTIE RESEP
Bron en Foto: Ronell Boshoff
Tweede foto: Middag: heerlike Bobotie en gebakte hoender met groente, rys en gebakte aartappels.
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg maalvleis
1 baie groot ui, opgekerf
1 eetlepel fyn knoffel
3 eetlepels medium kerrie
3 teelepels borrie
sout na smaak
3 eetlepels appelkooskonfyt
½ bottel blatjang van jou keuse
25 ml asyn
15 ml suurlemoensap
3 eetlepels suiker of soos verkies
4 lourierblare
4 groot eiers
3 dik snye wit brood½ koppie pitlose rosyne
1 koppie melk vir brood natmaak
1 koppie melk ekstra
½ koppie plein jogurt
Braai jou uie en knoffel en voeg jou kerrie, borrie, sout, konfyt, suiker, blatjang en asyn en suurlemoensap by meng deur. Prut stadig.
Voeg nou jou maalvleis by en rosyne en prut vir so 10 min. Tot klaar verkleur.
INTUSSEN
Druk jou brood in die melk fyn. Na 10 min. Voeg brood alles by maalvleis mengsel en roer.
EIERVLA
Klits die jogurt met 1 koppie melk en 4 eiers goed. Kan ekstra melk byvoeg as jy wil. Niks meer as halwe koppie nie.
Skep jou maalvleis mengsel in ‘n gesmeerde oondbak.
Giet jou eiervla alles stadig bo oor die maalvleis mengsel. Druk so klein bietjie in met vurk.
Druk lourierblare in verskillende plekke in mengsel.
Bak vir 40 tot 45 min tot gestol en ligbruin.
BEDIEN MET KAPOKAARTAPPELS EN TAMATIESLAAI/BEET/GROENTE/RYS!






