

GEBRAAIDE “SAVOURY” RYS
Foto en resep: Delene Breytenbach
FOOD LOVERS RECIPES
(2 – 4 porsies)
½ koppie rou rys (Tastic)
2 eetlepel of meer botter
½ koppie gemengde groente
1 teelepel knoffel
½ gekapte ui
½ blokkie groente aftreksel
1 koppie kookwater
Op stadige hitte braai rys in die botter tot bruin en begin uitpof soos rice krispies.
Voeg die gemengde groente, knoffel en gekapte ui by. Roer tot dit weer begin braai.
Los die blokkie groente aftreksel in die kookwater op en voeg by.
Laat saggies prut en dan stoom tot gaar.
Proe vir sout en voeg vars gemaalde swart peper by.
As rys effe droog is, roer nog n skeppie botter by.
Ek het gebraaide hoender, patat mash en groenbone daarby vanaand. Maar is ook heerlik saam met gebraaide vis en peri peri garnale (prawns).






