

POKE BOWL
Gaar sushi rys
Norwegian salmon (salm), vars en in klein blokkies gesny
Sushi graad tuna vars en in blokkies gesny
Vars prawns
Teriyaki sous
Soya sous
Sushi gemmer
Kewpie mayonnaise
Feta (opsioneel)
Avokadopeer, gesny soos verkies
Komkommer, opgesny
Nori opgesnipper
Krapstokkies
Wasabi
Teriyaki sous
1 koppie soya soys
5 eetlepels bruin suiker
3 eetlepels heuning
1cm vars gemmer, fyn gerasper
1 eetlepel mirin
1 eetlepel sesame olie
Meng alles in ‘n pot en prut tot sous verdik. Laat afkoel voor gebruik.
Poke bowl
Marineer salm en tuna apart vir ongeveer 30 minute in Teriyaki sous. Braai intussen die prawns tot net pienk. Sit sushi rys in die middel van bord, en laat elkeen hul eie goedjies inskep soos verkies. Bedien saam met gemmer, kewpie mayo, soya sous en wasabi.
Foto en resep: Charleen Nieuwenhuizen






