BOERBOKPOTJIE
2 kg bokvleis
¼ k worcestersous
2 uie fyn gekerf
2 groot aartappels, in skywe gesny met ‘n slicer
bietjie meel om vleis in te rol
bietjie olyfolie om vleis in te braai
Sout en peper na smaak
Braai die vleis in die olie.
Haal uit en koel af en sny die vleis van die bene af.
Pak ‘n laag van die aartappelskywe sodat dit oormekaar lê en besprinkel met sout en peper en olyfolie.
Meng die uie met die vleis en gooi dit nou oor die aartappel laag.
Besprinkel met sout en peper en ook die worcestersous en weer ‘n bietjie olyfolie.
Pak dan weer ‘n laag aartappels oor die vleis en weer ‘n bietjie sout en peper asook ‘n bietjie olyfolie.
Kook dan stadig vir twee en ‘n half uur tot die vleis lekker sag is.
Plaas ook ‘n paar kole bo-op die deksel.
Ek het ‘n bietjie sprietuie bo-oor gesnipper net vir kleur.
Ons het dit geniet saam met soetpatat en was heeerlik.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw