KENT SE KERRIE
6 knoffelhuisies
1 stuk gemmerwortel (so groot tot by jou duim se eerste lid)
1 ml growwe sout
2.5 ml fyn koljander
2.5 ml fyn komyn
2 E botter
2 uie in skyfies gesny
1 kg beesleis (ek het skaap nek gebruik)
1 kaneelstokkie
2 – 3 kardemomsade, gekneus (ek het 2 ml kardemom poeier gebruik)
1 – 4 steranyssade (ek het 2 gebruik)
10 – 15 ml kerrie poeier
1 ml rooipeper
1 k geskilde gekapte tamaties (ek het soma ‘n blikkie tamaties gebruik)
10 ml sout
3 k water of aftreksel (ek het beesaftreksel gebruik)
Stamp die eerste vyf bestandele tot dit ‘n pasta tekstuur aanneem. (die mengsel is masala)
verhit die botter in ‘n swaarboomkastrol en braai die uie tot ligbruin en sag. voeg die vleis by.
Braai 2-3 min lank en voeg dan al die speserye asook die masala, tamaties en sout by. kook oor matige hitte en roer aanhoudend tot die tamaties sag is.
Voeg water of aftreksel by en stowe 2-3 uur tot die vleis baie sag is . Verdik die sous met meelblom indien nodig.
(ek het die nie stowe op die plaat nie ek het dit in my agrilla bak skep en in die oond gesit vir 2 ure)
Bron: kook en geniet
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Baie lekker geurig!!