




CHANTE SE PIESANGBROOD
125 gram botter of margarien
1 koppie suiker
2 eiers
2 koppies koekmeel
½ koppie kookwater
4 piesangs
1 teelepel koeksoda
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel vanilla geursel
knippie sout
Meng botter en suiker tot room.
Klits eiers by dan fyn-gemaakte piesangs.
Voeg meel by en meng goed.
Gooi koeksoda in kookwater en roer by.
Laaste bakpoeier en vanilla geursel.
Meng goed.
Skep in gesmeerde broodpan en bak in warm oond 180°C vir 45 minute.
Resep en foto: Meisie van der Colff vir die klein broodjies het ek gebak teen 170 ºC vir 20 min.
Resep: Chanté van der Colff
2de Foto: Marie Engelbrecht
3de Foto: Chantellé Botes







Nuwe blog submited
Stella Boonzaaier: My piesang brood resep was lekker gister baie , dankie ek het dit my eie glaze gegee met bietjie melk en bruinsuiker wat ek gesmelt het na die tyd op gesit heellik , sag en vars.
As jy met verlof is en jy is vroeg wakker wat maak jy? Jy bak. Ek het die piesang brood aangemaak en in my klein brood pannetjies 15 broodtjies uitgekry. Hulle het 20 min. teen 170 grade C gebak.