CHANTE SE PIESANGBROOD

CHANTE SE PIESANGBROOD
125 gram botter of margarien
1 koppie suiker
2 eiers
2 koppies koekmeel
½ koppie kookwater
4 piesangs
1 teelepel koeksoda
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel vanilla geursel
knippie sout


Meng botter en suiker tot room.
Klits eiers by dan fyn-gemaakte piesangs.
Voeg meel by en meng goed.
Gooi koeksoda in kookwater en roer by.
Laaste bakpoeier en vanilla geursel.
Meng goed.
Skep in gesmeerde broodpan en bak in warm oond 180°C vir 45 minute.
Resep en foto: Meisie van der Colff vir die klein broodjies het ek gebak teen 170 ºC vir 20 min.
Resep: Chanté van der Colff
2de  Foto: Marie Engelbrecht
3de Foto: Chantellé Botes