SPICY RICE – GEGEURDE RYS
Ek kap uie fyn en rasper wortel grof en braai in olyf olie in die kastrol waarin ek die rys gaan gaarmaak. Dan kap ek ‘n jalapeno of twee op en braai dit saam met die uie en ‘n koppie basmati rys.
Roerbraai liggies vir so 5 min en gooi 1/2t borrie, 1/2t hoender speserye en 1t van Robertsons se Masterblends Rosemary & Garlic speserye in asook ‘n eetlepel botter.
Knippie gedroogde rissie vlokkies en dan kookwater soos wanneer benodig.
Ek gooi eerder elke nou en dan bietje water by as om met te veel water te begin.
Prut tot rys gaar is.
Bron en Foto: Elsabie Templeton