

RONELL SE EENPOT HOENDERKERRIE
1 kg hoender fillets, opgesny
1 groot ui, gekap
1 teelepel knoffel, fyn
2 eetlepel medium kerrie, hoogvol
1 teelepel borrie
sout na smaak
1 klein pakkie gemengde groente, jou keuse
3 groot aartappels, in blokkies gesny
1/2 k blatjang en bietjie suiker, na smaak
1 koppie rou rys, gelos in kookwater
3 groot tamaties, ontvel en in ringe gesny
Baai ui liggies met knoffel en voeg blokkies hoender by.
Braai liggies en voeg sout, kerrie en borrie by. Roer.
Prut vir 30 minute op 3 sonder water met deksel op. Hou dop.
Voeg aartappels, tamaties en afgespoelde rys by asook groente.
Indien nodig voeg klein bietjie water by, maar daar is baie sous op kos met al die groente so versigtig.
Kook nou vir so 20 min op 4 – kan weer hitte afstel.
Meng nou blatjang met bietjie suiker en voeg oor kos.
Meng liggies. Sit stoof af.
Proe na 5 min. Gooi by wat kort.
Bedien met enige bygereg van keuse, ek het baked beans gevat.
Bron en Foto: Ronell Muller Boshoff






