BRAAIVLEIS GEVULDE SAMPIOENE
2 Groot stewige bruin sampioene
200 gm Mozerella kaas (gerasper)
1 Tlp gemengde kruie
1 Tlp woestersous sout
2 Tlp knoffel
2 Groot eetlepels margarien/botter
Oorskiet braaivleis en kaaswors fyn gekerf
sout en pepper na smaak
Sny die stammetjies uit die mushrooms en kerf fyn.
Meng die stammetjies met vleis en 2 derdes van die kaas en al die speserye en kruie. Los een kant.
Meng knoffel met gesmelte botter, en skemp in die mushrooms.
Skep die vleis mengsel in die mushrooms, druk liggies vas (passop vir te hard druk die mushrooms sal oop breek)
Plaas mushrooms in oond bak en maak liggies toe met foil.
Bak in voorverhitte oond van 170’C vir 15min, en verhoog oond se hitte dan na 190 en haal foil af, bak verder vir 10 min. of tot lekker bruin is.
Sit oorblywende kaas bo op dadelik, en dien op.
Bron en Foto: Suenell Liebenberg