


PAPTERT MET N KINKEL
Ek het Elsabie Templeton se Mieliepaptert met spinasie se vulsel gebruik. Ek het nie my pap voor die tyd gaargemaak nie. Hier volg die resep soos ek dit gemaak het.
Papmengsel:
2 koppies mieliemeel
250 ml melk
1 eier
2 blikkies tamatie en knoffel
Meng alles saam.
Braai die volgende saam:
1 groot ui, gekap
2 x 250 g sampioene, gekap
1 kg spinasie, gekap
500 ml gerasperde kaas
Gooi die helfte van mieliemeel mengsel in ‘n bak.
Strooi van die kaas oor.
Gooi die uie, sampioene en spinasie mengsel oor.
En die res van die mieliemeel mengsel oor.
Strooi res van die kaas oor.
Bedek met tinfoelie en bak vir 60 min @ 180° grade.
Foto en resep: Elna Erasmus







geskuif