KOOS SE KERRIE MAALVLEIS VIR PASTEIE
1 kg 80/20 maalvleis. Dit is 80% vleis 20% vet
Plaas die maalvleis in my yster pot sonder water. Daar is genoeg vogtigheid in die vleis ‘n mens kook nie met water nie.
Kook stadig. Op my stoof plaat no 3
As alles halfpad gaar is gooi ek
16 gram sout by
2 gram swart peper
1 gram fyn naeltjie
1 gram Nutmeg
2 gram gedroogte uie vlokkies
Meng alles goed en laat prit tot gaar. Ek roer elk 10 minute
As alles gaar is gooi en 1 eetlepel Kerrie pasta by.
Dan laat prit ek dit vir 30 minute
Sodra alles mooi deur gekook is meng ek 1 eet lepel Mazeina met 100 ml koue water en gooi dit by om alles te stol. Doen dit net as ek pasteie maak want jy wil nie loperige sous in die deeg sit nie.
Herhaal as dit nie mooi gestol het nie maar verminder die water na 50ml
Foto en resep: Koos van der Merwe