KLAPPERKOEK MET BOLAAG
Bestandele
125 ml Margarien
125 ml Suiker
3 eiers, geskei
80 ml melk
250 ml Koekmeel
7 ml bakpoeier
Knypie sout
METODE
Voorverhit oond tot 180 grade C
Berei ‘n diep koekpan voor
Room margarien en suiker.
Voeg eiergele en melk by. Klop baie goed.
Sif droë bestandele saam en vou in die mengsel.
Meng goed, beslag moet nie te styf wees nie.
Skep in voorbereide pan
BOLAAG
3 eier witte
125 ml suiker
250 ml klapper
Klop eierwitte styf
Voeg die suiker en klapper by
Meng goed en skep bo-op koekbeslag in die pan
Bak tot gaar +- 30 min
Verwyder sodat klapper bo is dit vorm die versiersel van die koek
Laat afkoel en bedien op bord.
Bron: Montana Hoërskool gebak deur Chanté van der Colff
Foto: Meisie van der Colff
One thought on “KLAPPERKOEK MET BOLAAG”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
Doner