

KAPOKAARTAPPEL BALLE MET KAAS EN VIENNA
Resep en foto: Julia Binge
FOOD LOVERS RECIPES
Vandag die Potato Mash Balls beproef met ‘n kaas en smoked vienna vulsel.
10 middelslag aartappels, gekook en gemash
1 eetlepel botter
2 teelepels bakpoeier
2 eiers, geklits en ingemeng
speserye na smaak
koekmeel, ingemeng tot dit lekker dik en maklik in balletjies kon rol
1 koppie gerasperde gouda kaas, ingemeng
smoked viennas, in repies gesny
gouda kaas in repies (dink blokkies sal dalk beter werk)
Rol balletjie, maak ‘n slootjie met jou vinger. Sit repie worsie en repie kaas in. Rol mooi toe. Balletje lyk dan eiervormig.
(Olie aan my hande gesmeer, dan rol dit mooi en maklik)
1 liter olie in ‘n pot gesit en gebraai tot goudbruin. Olie moet warm wees.
So 15 balletjies uitgekry.
Seker enige vulsel sal heerlik wees.
Ek het sommer my eie Tartar tipe sousie aanmekaar geslaan met gerasperde agurtjies en uie in.
My man en kind verslind dit.






