

MARIE SE MELKPAP
250 ml meel
2 ml bakpoeier
2-3 ml sout
15 ml margarine
40-50 ml koue water
1 liter melk tot net onder kookpunt
2 ekstra groot eiers
25 ml suiker
15 ml kaneel
Sif meel, sout en bakpoeier saam. Vryf botter in meel. Voeg net genoeg water by om deegfrummels te maak. Strooi die deegfrummels stadig oor die verhitte melk terwyl aanhoudend roer met ń vurk. Verlaag hitte en prut tot mengsel duk en gaar is. Roer elke nou en dan dat nie aanbrand nie. Skei die eiergele. Klits die eiergele met die suiker en kaneel en roer by mengsel. Kilts die eierwit tot styf en vou by die mengsel in. Prut so 5 minute en geniet!
(Ek maak die resep dubbel behalwe melk so 1.5 liter)
FOTO EB RESEP: Marié Fourie






