

INLê VAN PAPAJAS
Resep en foto: Rene Rheeder
FOOD LOVERS RECIPES
1.5 kg harde papaja’s in blokke gesny
suiker stroop aangemaak vir 1,5 kg vrugte
1,5 liter water
1,5 kg suiker
Laat kook die stroop tot dit ‘n derde minder is en die stroop baie dikker is.
Voeg gesnyde papaja by en kook dit so 5 minute in die stroop,
dit raak so effe deurskynend.
Skep die stukke uit en pak in die voorbereide bottels.
Kook stroop verder tot nog dikker, skep die warm stroop oor die stukke tot die bottels amper vol is.
Stamp die bottels liggies dat al die lug borrels uit kom,
Vul met stroop tot bo en seël, draai bottels op hulle proppe om af te koel. Indien daar stroop oor bly kan jy dit bottel en bëre vir ‘n volgende keer se kook.






