


HEERLIKE VINNIGE FRIKKADELLE IN TAMATIESOUS
Hier is nou ‘n heerlik vinnige frikkadelle met tamatiesous vir pasta of enige stysel
Maak die 3 bestandele frikkadelle en rasper ‘n wortel lekker fyn by.
https://www.foodloversrecipes.com/2017/01/frikadelle-met-drie-bestanddele/
Maak klein bolletjies en braai in bietjie olyfolie tot bruin. Sit eenkant
SOUS – maak hoeveelheid na gelang van die hoeveelheid frikkadelle wat jy gaan maak, hierdie was op 500g maalvleis
1 blikkie tamatie en uie smoor of maak jou eie smoor
5 spriete garlic chives
2 eetl fyn gekapte vars pietersielie
80ml tamatiesous
80 ml sweet chilli sous
1 pk Knorr Tasty Chicken 2 in 1 stew mix (sien foto)
Neem ‘n blikkie tamatie en uie smoor, ek verkies die italiaanse een, gooi in ‘n potjie op die stoof en sny vars garlic chives en pietersielie by en laat lekker deur kook, gooi die tamatiesous en sweet chilli sous by.
Maak pakkie Knorr Tasty Chicken 2 in 1 stew mix aan met so 300ml water en meng by die tamatiesmoor in, laat deur kook, dit gaan nou lekker dik wees, gooi bietjie water by tot dit ‘n aanvaarbare dikte is maar nie te dun en laat deurkook vir die sous om gaar te word.
Sit sout en swart peper by na smaak.
Gooi die sous oor die klaar gaar frikkadelle, draai die plaat af tot by 1 en laat net lekker stadig deurkook. Hierdie klewerige tamatie sous is heerlik saam met pasta of enige stysel.
Ek het net avokado en piesang daarby gesny en dit was regtig baie lekker.
Resep en foto: Rina Kleinhans






