


FIONA SE BLEDDIE LEKKER NACHOS
Ek het gisteraand vir die eerste keer nachos gemaak. Sommer my eie resep probeer. En mense dit was bleddie lekker.
Maalvleis:
pakkie maalvleis
speserye
ui, fyngekap
Braai ui in bietjie botter.
Voeg maalvleis by en braai.
Voeg speserye by vir bietjie smaak.
MAALVLEIS MOET NIE SOUSERIG WEES NIE!!!!!
1 pak Nachos chips of Doritos
salsa (Banditos of Doritos)
gerasperde Chedder kaas, baie
Gerasperde Mozzarella kaas, baie
bakkie suurroom
Guacamole:
avokado
growwe sout
growwe peper
spuit Suurlemoensap
Druk avo fyn, meng sout, peper en suurlemoensap by.
Pak helfte van Nachos chips in ‘n oondvaste glasbak.
Gooi helfte van gaar maalvleis oor.
Gooi helfte van Salsa oor.
Strooi helfte van Chedder en SMozzarella oor.
Gooi res van Nachos chips oor.
Gooi res van maalvleis oor.
Gooi res van Salsa oor.
Strooi res van kaas oor. Lekker baie kaas
Bak in oond tot kaas gesmelt het. so teen 150°C.
RESEP EN FOTO: Fiona De Jager







Roelien Botha
Fiona De Jager, ek het vanaand die Nachos gemaak volgens jou resep. Die lekkerste ooit! Al verskil is ek het sommer self salsa gemaak want ek hou daarvan vars, maar ek het my behoorlik ooreet aan die nachos.