HEERLIKE VARK PASTEI
Bestandele:
4 groot blad vark tjops ongeveer 500g
3 E Ina paarman’s meat spice
2 E Walker bay worcester sauce spice
Sout na smaak
1 kits aanmaak pakkie creamy cheese sous aangemaak soos op die verpakking
1-2 kp Ultra creamy mayonnaise (na smaak)
kwart kp Olie
2 pakke Deeg (Puffpastry of maak eie)
Ek het 2 ronde pastei uitgekry
Voorverhit oond tot 200°C.
Druk deeg in bak of pan, druk gaatjies met ‘n vurk op die bodem en sit vir so rukkie in die oond om bietjie gaar te raak. So 10 na 15 minute. Haal uit.
Sny vark in blokkies. Braai in bietjie olie met spices na smaak tot gaar. Maak sous aan en gooi mayonnaise (na smaak) in en meng by vark.
Kook tot sous dik is.
Skep uit op deeg en sit deeg bo-laag op.
Verf met geklitste eier en bak ongeveer 30 na 45 minute. Hang af van tipe oond. Gas of krag
Foto en resep: Ryno En Zelda Herridge