

PASTA, SPEK EN BOELIEBEEF GEREG
Vir 6 persone
300 g gaar pasta
500 ml witsous
250 g spek gebraai en in stukkkies gekap
2 blikkies boeliebeef in klein blokkies gesny
1 ui gekap en gebraai
250ml gerasperde kaas
Begin met witsous en pak in lae, witsous, pasta, vleismengsel, herhaal tot alles gebruik is in ‘n oondbak
Eindig met witsous en kaas en paprika bo oor.
Bak 30 minute op 160 ºC.
Heerlik net so of met ‘n groenslaai
Foto en resep: Magde Van der Kolff
One thought on “PASTA, SPEK EN BOELIEBEEF GEREG”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Done