GIDEON SE GEVULDE AARTAPPEL
Julleeeeeeeee hierdie was nou wraggies lekker
Ek weet nie wat ek dit kan noem nie maar djeeerlik was dit
Ek het twee van die langste aartappels in ons plaaslike kettingwinkel se rak uitgesoek
Ek het hulle n ent weg gekook met skil en al tot byna sag, ‘n stukkie van sy kop afgesny en toe uitgehol met n dun skerp messie, jy kan ook n ontpitter gebruik
Ek het n klein bietjie sout en peper in die holte gesit
Ek het toe n lekker stukkie kaaswors op lengte afgesny en binne in die uitgeholde aartappel gedruk en die kop weer opgesit en dit mooi met spek toegedraai
Die ander aartappeltjie het dieselfde pad geloop maar ipv spek het ek dit toegedraai in n stukkie netvet
En toe is dit kole toe
Ek het dit stadig gebraai en so af en toe met n bietjie heuning sweet chilliesous en dijonmostert wat gemeng is gesmeer en ohgggg dit was lekker
Daai worsie se sousie het daai artappel gesoak met sy kaassousie van binne af en van buite af het die spek en die netvet dieselfde job gedoen
Ai dis lekker om lekker te kan eet
Resep en foto: Gideon Louw