

GEGEURDE PAP EN WORS
rESEP: Linda Barkley
Foto: Elna Erasmus
FOOD LOVERS RECIPES
2 uie, gekerf
1 rooi soetrissie, gekerf
1 geel soetrissie gekerf
1 pakkie sampioene, gekerf
1 blikkie heelpit mielies
1 kg mieliemeel
1 kg boerewors
1 pakkie Royco Beef Goulash sous
250 ml room
Bietjie melk½ koppie water
Braai uie tot sag in pan.
Voeg dan rooi en groen soetrissie by.
Voeg sampioene en heelpit mielies by.
Braai vir so 10 min.
Kook water vir pap.
Voeg nou jou gebraaide uiemengsel by jou pap water.
Voeg bietjies papmeel op ‘n slag by tot jy ‘n lekker stywe pap het.
Kook tot gaar op stadigehitte.
Braai wors in pan net tot dit ‘n bruin kleur kry, nie gaar nie.
Meng ‘n pakkie Royco beef goulash sous met die room, bietjie melk en ½ koppie water.
Skep pap in oondvaste bak in bolletjies. Plaas wors bo op pap en skep die sous oor.
Bak in die oond by 180ºC tot sous lekker dik is en wors bruin !
Dis heerlik!!! Thank you Linda Barkley







Geskuif