MARIE SE TUNAGEREG
2 blikkies tuna in water Gooi die water af.
1 pakkie sampioenroomsop poeier. meng met plus minus koppie en n bietjie water. of jy gebruik n blikkie sampioen room sop.
1 koppie gerasperde kaas ek het mosarella kaas gebruik
1 groot pak creamy cheese chips fyn gedruk.
1 ui gebraai, jy kan bietjie sampioene ook saam braai.
Meng alles saam skep in gesmeerde bak, rasper halwe koppie kaas bo oor bak vir 180 grade vir 20 of 25 minute.
Bron en foto: Marie Rheeder Troskie
Endika Van der Walt – Ek het dit toe gemaak. Dit is heerlik. Het die pakkie sop aangemaak met ń koppie volroom melk en ook die water van die tuna gebruik.
O ja, ek het 1 groot ui en ń pakkie sampioene opgekerf gebraai in botter en olyfolie.
Leontine Sitzer-Thomas
I made this dish yesterday. It’s delicious, and so easy to prepare. Thank you for sharing (couldn’t still snap a pic – I had three hungry men moaning 😁