

WILMA SE SPESERYHOENDER MET OONDGEROOSTERD GROENTE
Groente van jou keuse in blokke en repies gesny. Ek het butternut, wortels, broccoli, blomkool, ‘n groot ui in blokke gesny, die kleure peppers in growwe blokke gesny en klein sampioene gebruik.
100 ml goeie olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
fyngemaakte knoffel in olie
50 ml braaispeserye
20 ml gemengde kruie
Meng alles goed deur en skep in ‘n oondpan in ‘n enkellaag. Bak by 180 °C vir ‘n uur.
Spesery Hoender:
Sny 4 hoender fillette in repies en braai apart in ‘n Wok of braaipan met olyfolie, sout, peper, braaispeserye en fyn knoffel.
Hou eenkant warm.
Skep die hoender in die middel van ‘n opdienbord en skep groente daarom.
Bedien met rys.
Bron en foto: Wilma Josey Venter






