

WILMA SE GEVULDE SAMPIOENE
6 goot bruin sampioene skoon gevee met ‘n borseltjie
1 klein uitjie
20ml blatjang
Sout en peper na smaak
100ml baie fyn gerasperde kaas
Haal die stingeltjies van die sampioene uit en kap fyn. Kap die uitjie ook fyn.
Braai in olyfolie saam met uitjie
Meng met sout, peper en blatjang. Skep n holtes van sampioene, strooi kaas oor en bak in warm oond, 180gr C vir 20min.
Bedien as voorgereg of bykos
Bron en foto: Wilma Josey Venter






