
WENKE VIR HOL VETKOEKE
Paul Horsford
Ek rol my deeg plat met n koekroller, sny dan die deeg in vierkante en sit dit in my olie. Dit maak n sakkie waarin ek my kerrie maalvleis sit.
Jeanette van Leeuwen
jou resep en jou tegniek moet reg wees my moeder maak die heeerlikste vetkoek en sy het my ook die trick gewys! jou vetkoek moenie te groot stuk wees nie rek hom oop gooi in olie as hy op kom draai dadelik om dan pof hy en siedaar hol vetkoek!!
Corrie Volschenk
Ek rol my deeg uit tot so amper 2 cm dik. Dan sny ek met n mes vierkante. As olie warm is sit dit in die olie met die kant wat bo gelê het eerste in die olie.
Rina Kleinhans
Daar is twee goed wat ek definitief op die groep geleer het wat werk en dit is, dat dit moet dun uitgerol wees, druk dan af met ‘n blikkie wat altwee kante oop gesny is, (glo sny met ‘n mes sal dieselfde doen), dit seel die kante, dan trek jy die deeg lekker voor jy hom in die olie gooi, en nou die ander een, gooi die hele tyd warm olie oor die vetkoek, dan blaas hy op soos ‘n blaasoppie… en voila
Susan Fourie Maré
My moeder sin was altyd hol. Sy het weer gese, knyp jou bolletjie deeg af en rek hom uit met jou vingers tot plat en grootte wat jy wil he, bak dan direk in jou olie, nie weer laat rys nie.
Yolandi Ferreira
Wat ek doen is ek rol dit ook dun uit en sny in vierkante. Dan maak ek dit toe dat n rukkie staan. As ek dit dan in die olie sit vat ek n lepel en gooi van die warm olie bo op die vetkoek ook. Dit maak dat hy hol is binne in.
Barbara Burrell
Ek knyp die bolletjie deeg af rol hom en rek hom uit met jou vingers moet nie sy asem uitdruk nie, bak dan direk in jou warm olie.
Ronel Botes
Die geheim van n hol vetkoek is om nie te duk stuk deeg in die olie te sit nie. Dit moet ook nie gediep braai word nie. Sit n deksel op, indien dit n glas deksel kan wees, nog beter. Dan kan jy sien hoe deeg rys. Na n rukkie, draai om en sit deksel weer op tot jy dink vetkoek is reg.
Annie Van Zyl Knoesen
Deeg moet styf wees… So dit word gemaak van knie deeg. Deeg plat uitgerol of uitgerek… Net so een cm dik. En siedaar… Koevertjie koekies soos my kleindogter sê.
Charmaine Human
Ek knie my verkoek…na hy gerys het…maak ek my bolle..en laat staan op n olie oppervlak..dan maak ek n vadoek warm in microwave en gooi oor bolle deeg…en dan laat ek bolle deeg staan so 10min om weer te rys…olie kan intussen tyd warm word..ek vat elke bol ek trek hom..tot sogroot soos ek hom wil he…en dan braai ek hom…hy maak n holte…en daarin slep ek my mince…







Geskuif