

BEAUTY SE MIKROGOLF MAC AND CHEESE
1 koppie rou macaroni
1 eetlepel hoogvol Knorr cream of mushroom soup
1 of 2 viennas
300 ml melk
‘n knippie peper of enige speserye
1/2 koppie gerasperde kaas
Plaas die macaroni in ‘n glasbak. Gooi melk in, genoeg om die macaroni te bedek. Meng cream of mushroom soup daarby asook die peper, roer goed.
Plaas in die mikrogolf op hoog vir 5 minute of tot dit lekker kook. Roer dit so af en toe
Indien die macaroni nie sag is nie, meng ‘n bietjie water by en mikrogolf weer tot dit sag is (plus minus 3 minute).
Roer dit so af en toe. Haal uit en sny skyfies viennas daarby, en voeg die gerasperde kaas by en meng in. Plaas weer in die mikrogolf vir 30 sekondes tot ‘n minuut sodat die kaas lekker kan smelt. Haal uit, meng en bedien.
Bron en foto: Bëauty Mazibuko II






