

VRUGTETERT
Maak 3 terte op ‘n slag. . Ek het ‘n klomp kleintjies gemaak vir my verjaarsdag, altyd ‘n wenner
Gebruik appels, perske, aarbeie, kersies ens.
1 Blik per tert.
A – Eiermengsel – Klits 4 groot eiers + 1 ½ koppie suiker tot lig en skuimerig
B – Melkmengsel – Smelt 4 Eetlepels botter en meng met 1 koppie melk
C – Droebestandele – 2 koppies meel en 2 teelepels bakpoeier
Meng A + B goed.
Voeg C by.
Gooi in 3 tert panne wat met koek en spray gespuit is.
Gooi stroop van die vrugte af en pak die vrugte bo-op die deeg.
Bak teen 180 grade C vir +- 40 minute.
Stroop –
1 x 500ml Ultramel room
1/3 koppie suiker
2 teelepels vanilla
Verhit tot suiker gesmelt het.
Gooi sous oor warm tert.
Sprinkel versiersuiker bo-oor wanneer koel.
FOTO EN RESEP: Liza Boshoff






