TORNADO SPECIAL
Vanaand in afwagting op die groot storm het ek iets spesiaals aanmekaar geslaan..sommer die kop laat loop en sjoe…
1 groot franse brood
2 gebraaide uie
2 groot tenderised steak vooraf in jimmysous laat le
1 koppie gerasperde cheddar kaas
1 kpooie gerasperd mozarella kaas
gesmalte botter met garlic en pietersielie in
Braai uie vooraf. Pan braai jou steak met sout en peper ek gebruik botter om in te braai daar sal so sousie vorm van die jimmy sous. Sny broodjie oop soos burger. Smeer van die jimmy sous aan beide kante binne. Strooi lekker baie mozarella plaas steak bo op sprinkel nou cheddar kaas skep uie op en sprinkel weer mozarella. Maak nou toe en smeer lekker met garlic botter vou toe in foelie en plaas in warm oond vir 15 min vou foelie oop en grill van bo af tot goudbruin. Sny in skywe en bedien saam chips.
foto en resep: Zorana Zee Vd Berg