RACHEL PAY PASTA
Kook halwe pak elmboog pasta in soutwater-
sny 2 hoender filllets in blokkies en kerf 1 ui – braai in olyfolie-
Kook die pasta volgens die pak aanwysings
voeg 1 kop brokkolie by pasta, sodra dit so 80% gaar is- maak in a ander pot die volgende sous
3 eetlepels botter (nie margarine) met
3 eetlepels koekmeel-
voeg 1 koppie melk en
1 koppie hoender stock daarby en kook stadig vir n witsous-
voeg nou 1 t paprika en n knypie rooipeper by witsous Roer deur en voeg 2 koppies gerasperde kaas by.
Dreineer pasta en brokkolie, voeg alles bymekaar- dis vloekwoord lekker!! (Op FB gesien wn vandag gemaak!!!)
Resep en Foto: Christelle Grobler