LEILA SE HEERLIKE PASTA
Bestanddele:
2 min noodles (so 4 pakkies hang af van die hoeveelheid mense)
3 groot kaas russians
3 stukke hoender fillet
1 handjie engelse spinasie
halwe bakkie gesnyde sampioene
1 koppie mozzarella kaas
halwe koppie melk
Maak noodles gaar in normale groot pot …terwyl dit kook sny hoender in klein blokkies en braai tot gaar. Voeg mushrooms by en russians en braai tot die mushrooms gaar is. Voeg engelse spinasie by (dit word vinnig gaar so 30 sekondes ) gooi water van noodles af en gooi bietjie melk by (so halwe koppie) gooi die hoender mengsel by die noodles en meng goed .Rasper kaas en voeg so koppie kaas by, roer goed deur en bedien.
Bron en foto: Leila Luus