


GEWONE SPONSKOEK
Sif saam:
2 koppies koekmeel
4 teelepel bakpoeier
knippie sout
Kook saam:
½ koppie kookolie
½ koppie melk
½ koppie water
Laat afkoel.
Klits :
4 eiers en 1 ½ koppie suiker baie goed saam.
Vou meel goed by eiermengsel. Voeg gekookte mengsel bietjie bietjie op ‘n slag by en klop goed.
Mengsel genoeg vir 2 panne. Bak 35 min of tot mengsel gaar is by 180ºC.

Die spons koek wat ek verlede week gepost het het ek gister a sjokolade koek van gemaak.
Ekt ½ koppie koekmeel met kakao vervang.
Dus eintlik lekkerder as wit sponskoek.
The ganache I used for my chocolate cake I added 2 tablespoons of cocoa to make it darker
Ek post ook hoe ek dit versier het
VERSIERSEL VAN EERSTE FOTO
Botter versiersel wafer blomme
1 kg versiersel
500 g botter
50 ml geklopte room
15 ml vanilla gel kleursel
Klop room styf. Klop botter tot romerig.
Voeg gesifte versiersel by botter en roer.
Vou room bietjie bietjie by tot dit reg is vir jou om te versier en laat staan vir 30 min.
Versier koek na jou smaak.
GENIET!
Foto’s en resep geplaas deur Lenore Combrink






