

LEKKERSTE SJOKOLADEKOEK OOIT
Vir die koek:
2 koppies suiker
3 ekstra groot eiers
125 ml kookolie
500 ml koekmeelblom
125 ml kakao
8 ml koeksoda
8 ml bakpoeier
2 ml sout
250 ml karringmelk
10 ml vanieljegeursel
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 2 x 20 cm-koekpanne. Klits die suiker en eiers goed saam, voeg olie by en klits tot lig en romerig. Sif die droë bestanddele saam en vou by die eier-en-suikermengsel in.
Voeg die karringmelk en geursel by, meng deur
Skep die beslag in die twee panne en bak 30 tot 35 min
Keer uit op ’n draadrak en laat afkoel.
Botterversiersel – (foto)
500 g botter
650 g versiersuiker, gesif
100 ml kakao, gesif
Room botter vir versiersel tot lig en romerig in jou elektriese menger.
Voeg versiersuiker en kakao by. Meng goed.
OF
Oudtydse Versiersel:
250 ml suiker
45 ml mielieblom
100 ml kakao
5 ml koffiepoeier
375 ml water
50 g botter
Meng al die bestanddele saam in ’n kastrol en verhit stadig. Roer aanhoudend totdat die mengsel dik is.
Laat bietjie afkoel en smeer tussen die koeklae en bo-op die afgekoelde koek.
Foto en resep geplaas deur Reon Conradie






