

TANYA SE BEDERF SJOKOLADE KOEK
2 koppies suiker
2 eiers
2 koppies koekmeel
1 koppie karringmelk
¾ koppie kakao
½ koppie olie
1 koppie sterk koffee
2 teelepls koeksoda
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel vanilla geursel
1 teelepel sout
Verhit oond tot 180ºC, bak vir 35-40 min
Voeg alle droë bestandele in meng bak. Voeg alle nat bestandele by droë bestandele en meng in elektriese menger op n medium spoed vir so 3 min. Die deep sal so effe slapper wees as n gewone koek. Deel die deep eweredig in 2 koek panne of een groot pan. Laat in die pan staan vir 10 min voor dit uit gekeer word om af te koel
Versiersel
3 eetlepels botter
1 eetlepel koffee liqueur (of sterk koffee poeier)
3 eetlepels kakao
1 ½ koppies versiersuiker
1 eetlepel warm water
Smelt botter oor lae temperatuur. Los cacao op in water en liqueur. Verwyder van hitte en Voeg versiersuiker gelydelik by terwyl aanhoudend roer. Giet op koek terwyl nog warm is.
Versiersel
3 eetlepels botter
1 eetlepel koffee liqueur of sterk koffee poeier as jy nie van alkohol hou nie, espresso werk goed,
3 opgehoopte eetlepels kakao
‘n eetlepel warm water
Smelt botter oor lae hitte, meng kakao, koffee in warm water tot paste. Voeg als by 1-2 koppies Versiersuiker tot tekstuur reg is. Een blikkie karamel vir topping, smelt bietjie bak sjokolade en drup sommer so met n teelepel oor die karamel vir versiering.
Hoop jul geniet dit so baie soos wat ons gedoen het!!!
FOTO EN RESEP: Tanya Bailey






