


HOENDER IN HEUNING EN MOSTERDSLAAISOUS
Resep en foto: Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
Soos die meeste van ons moet ek party dae net ‘n vinnige ete aanmekaar slaan, en hierdie is een van my gunsteling “hoender in die oond” “go-to” resepte of moet ek meer sê idees.
8 stukkies hoender, dye en boude
1 bottel honey & mustard slaaisous
6 – 8 klein uitjies, skoongemaak
1 handvol gekapte vars pietersielie
6 – 8 spriete vars garlic chives
sout en swart peper na smaak
Was die hoender mooi skoon en pak in ‘n oondbak vel kant onder.
Sit die klein uitjies tussen in, giet die helfte van die slaaisous oor en strooi die pietersielie en garlic chives oor.
Sout en peper na smaak.
Bak in voorverhitte oond op 180°C vir ongeveer 30 min.
Draai die hoender om, gooi die res van die slaaisous en sout en peper oor.
Plaas terug in die oond vir ongeveer nog 30 – 40 min.
Voila… reg om te bedien, maak ‘n heerlike sous om saam met rys te bedien.
Nota: Pasop vir te veel sout, die slaaisous het ook sout in… geniet dit!






