

FRIKKADELLE MET PASTA IN DIE OOND
Vir die Frikkadelle:
500 g maalvleis
1 klein ui, fyngekap
½ stingel tafel seldery, fyngekap
2 snye brood
1 eier
1 ½ teelepel oreganum
1 teelepel cumin poeier
1 eetlepel Worchestersous braaimengsel
1 eetlepel Worchestersous
2 teelepels fyn knoffel
sout en peper na smaak.
(Of gebruik jou eie gunsteling frikkadelle resep)
Vir die sous:
1 blikkie gekapte tamaties
1 teelepel oreganum
1 eetlepel soya sous
1 eetlepel Worchestersous
1 koppie water
sout en peper na smaak
250 g pasta van jou keuse
½ koppie gerasperde kaas Ek het ‘n sterk Cheddar kaas gebruik – Parmesan sal baie goed werk
Maak die brood fyn en week in die eier. Meng dit en al die ander bestanddele deeglik met die maalvleis, vorm in balletjies en rangskik dit in ‘n oondbak. Plaas in die yskas vir ‘n half uur.
Kook die pasta in vinnig kokende water vir slegs 4 minute en gooi uit in ‘n dreineringsbak. Pak dit dan tussen die frikkadelle in. Meng al die bestanddele vir die sous deeglik en giet oor die pasta. Bedek die bak met foelie en bak by 180ºC vir 20 minute. Haal uit die oond, roer die pasta versigtig bietjie deurmekaar en strooi meeste van die kaas oor. Bedek weer en bak verder vir nog 20 minute. Haal uit die oond, strooi die oorblywende kaas oor en bedien dadelik.
Bron en Foto: Adam Cloete






